Month: Augustus 2017

Wees Stil

“Ons het oor die afgelope vyf jaar meer inligting geskep as in die mens se geskiedenis tot dusver, en daar is geen einde daaraan nie” (Daniel Levitin, skrywer van The organized mind: Thinking straight in the age of information overload). “In sekere sin raak ons verslaaf aan die hiperstimulasie.” Die voortdurende aanslag van nuus en kennis kan ons denke oorheers.…

Die Wending

Tydens die begrafnisdiens van ’n oorlogsveteraan het die pastor hardop gewonder waar die oorledene hom bevind. Toe begin hy, in plaas daarvan om die mense te lei om God te leer ken, spekuleer oor dinge wat nie in die Bybel voorkom nie. Waar is die hoop? het ek gewonder.

Uiteindelik het hy die slotgesang aangegee. Toe ons opstaan om How Great…

Van Rou Na Vreugde

Daar was komplikasies met Kelly se swangerskap en die dokters was bekommerd. Tydens die lang geboorteproses het hulle op ’n keisersnee besluit. Haar pyn was egter gou vergete toe Kelly haar pasgebore seun vashou. Vreugde het die ontsteltenis oorwin.

Die Bybel bevestig hierdie waarheid: “’n Vrou kry swaar wanneer haar tyd gekom het ... Maar wanneer die kindjie gebore is,…

Jy Is ’n Bloudruk

Elkeen van ons is ’n bloudruk uit God se hand. Daar bestaan nie iets soos ’n selfgemaakte man of vrou nie. Geeneen het hom- of haarself talentvol, afgerond of intelligent gemaak nie. God het elkeen van ons self geskep. Hy het aan ons gedink en ons vanweë Sy onuitspreeklike liefde gevorm.

God het jou liggaam, verstand en siel gemaak. Hy…

’n Vreedsame Tuiste

Vyf en sestig miljoen. Dis hoeveel vlugtelinge daar vandag in die wêreld is – mense wat hul huise weens konflik en vervolging moes verlaat – en dis hoër as ooit tevore. Die VN het leiers versoek om saam te werk en vlugtelinge te ontvang sodat elke kind ’n opleiding kan ontvang, elke volwassene ’n betekenisvolle werk, en elke familie ’n…

Geloof Alleen

“My man is bevordering in ’n ander land aangebied, maar omdat ek te bang was om ons huis agter te laat, het hy die aanbod teësinnig van die hand gewys.” My vriendin het verduidelik hoe vrees vir so ’n groot verandering haar verhoed het om ’n nuwe avontuur te omarm, en dat sy tog soms wonder wat hulle deur nie…

Onder Sy Vlerke

Ek dink nie outomaties aan ’n voël se vlerke wanneer ek aan beskerming dink nie. Al wil dit voorkom asof ’n voël se vere maar ’n niksbeduidende vorm van beskerming is, skuil daar veel meer daaragter as wat die blote oog kan sien.

Voëls se vere is ’n verstommende voorbeeld van God se kreatiwiteit. Die vere het ’n gladde asook…

Van Vrees Tot Geloof

Die dokter se woorde het soos ’n klip in haar hart geland. Dit was kanker. Haar wêreld het tot stilstand geruk toe sy aan haar man en kinders dink. Hulle het getrou gebid en op ’n ander uitslag gehoop. Wat moes hulle doen? Met trane oor haar wange het sy saggies gesê: “God, dít is buite ons beheer. Wees asseblief…

Dankbaar Vir Alles

In Australië kan ’n reis tussen twee dorpe ure duur, en uitputting kan tot ongelukke lei. Gedurende besige vakansietye word rusplekke langs die hoofweë aangebring waar vrywilligers gratis koffie aanbied. Ek en my vrou, Merryn, het op ons lang reise uitgesien na hierdie rustye.

Tydens ’n reis het ons afgetrek en oorgestap om ons koffie te bestel. Die dame het…

As ...

Toe ons by die parkeerterrein uitry, het my man die spoed verminder om vir ’n jong vrou op haar fiets te wag. Tom het geknik en gewys dat sy maar kon ry. Sy het geglimlag, gewaai en gery. Oomblikke later het die bestuurder van ’n geparkeerde voertuig sy motordeur oopgegooi en die jong fietsryer is teen die sypaadjie geslinger. Haar…